You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Vandre kyk op. “Hel!” skree hy van die skrik. Ys trek deur sy are; sy hande klem die tablet vas. Hy koes. “Pasop, Pa!” Hulle is in die draai. Hy weet hulle gaan dit nie maak nie.
Die bakkie se agterkant skuif op die los bogrond. Flitse wit kalkgrond, geelwit gras en blou lug tuimel oor mekaar. Tussendeur die afgryslike klank van metaal wat skuur en skree, die gebrul van die dieselenjin en glas wat breek.
Dit voel soos ‘n eeu voor die voertuig ophou rol.
Dis binne sekondes verby.
Op soek na hulp vir sy pa na ‘n lelike motorongeluk, verdwaal Vandre heeltemal in die onbekende, dorre Boesmanland. Dis ‘n stryd vir oorlewing teen die natuur, teen homself en teen die herinneringe wat hom jaag.