Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam! Magriet en Billie is die derde boekie in hierdie heerlike reeks. Billie kom kuier vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af … Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie?