In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture.
Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag – ʼn hoender! Nina en Magriet is dadelik beste maats.
Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê. Maar iewers is daar ʼn eierdief …
Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.