SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
- You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Description
In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder.
Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop.
Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek.
Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.
Soms. Soms nie.
Vendor Information
- Store Name: Bee's Books
- Vendor: Bee's Books
-
Divine Secrets of the Ya-Ya Sisterhood – Rebecca Wells
Seller: Bee's Books
R45,00 -
Breek – Barrie Hough & Lizz Meiring
Seller: Bee's Books
R20,00 -
Die Griekwastad Moorde – Jacques Steenkamp
Seller: Bee's Books
R89,00 -
Frankenstein’s Hamster – Barbara Griffiths
Seller: Bee's Books
R60,00 -
Ghost Hunters – Deborah Blum
Seller: Bee's Books
R65,00 -
World War II Prisoners of War – Ronald H Bailey
Seller: Bee's Books
R200,00