Kringe in ‘n bos – Dalene Matthee

R40,00

Goeie kondisie.

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN:
Book Cover: Hardcover
Bee's Books

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Kringe in ‘n Bos deur Dalene Matthee is ‘n bekroonde Afrikaanse roman wat die verhaal van die bosbouer, ou Pappie, en sy liefde vir die Outeniquabos en die bose gevolge van die menslike ingryping in die natuur vertel.

In hierdie verhaal het hy die lewenslig onder ‘n wit-els aanskou, en daarvandaan loop hy die paaie van ‘n houtkapperseun deur die groen skemerwêreld van die Outeniekwa. Maar hy is nie bestem om in die oerbos te bly bestaan en ‘n houtkapper te wees soos die Barnards voor hom nie. Die Bos het hom ‘n rustelose siel gegee. Soos die olifantbul Oupoot moet hy losbreek om sy eie paaie te gaan loop, ver van sy trop. Hy word deur sy eie mense as verraaier gebrandmerk, in die dorpie Knysna verneder tot kneg van ‘n geweten- lose houtkoper, en keer later terug na die Bos as alleenloper en gouddelwer.

Jare lank probeer hy die ongerepte wildernis teen fortuinsoekers beskerm, maar oplaas staan hy magteloos voor die uitroeiing van die houtbos en sy diere. Dit is dan, net voordat hy vir goed oor die see sou wegvaar, dat sy dier-broer, die olifantbul, hom terugroep om ‘n laaste kringpad in die Bos te kom voltooi. Die Bos, die agtervolging van die olifant, die man in stryd met homself en met ander, die meisie wat hy nie durf liefhê nie, en die tyd wat vir hulle almal verbygaan – dit is die hoofelemente van hierdie merkwaardige roman van Dalene Matthee.

Sy vertel ‘n groot verhaal: van miskende mense wat hul lewens moes verpand om te kan voortbestaan; van uitbuiters wat ‘n erfenis vernietig. Elke af en toe verskyn daar ‘n boek waarvan ‘n mens kan sê dat dit iets heeltemal nuuts is. So ‘n boek is Kringe in ‘n bos, ‘n werk van die verbeelding wat ook heeltemal van die wêreld is.

Vendor Information