In Jy is goed genoeg! vertel Annemarie le Roux oor haar depressie en hoe ander kant uit is.
“In radelose depressie het ek met my stukkende selfbeeld gegaan ha Hom wat my gemaak het. ‘Here’, het ek bely, ‘ek is nie wat ek moet wees nie. Ek is ‘n nul. Maar ek wil dié nul vir U gee. Ek is vir niks goed genoeg nie, maar as U iets met my kan maak – hier is ek.’
Hy kon, en Hy het.
Maar Hy het dit nie met ‘n wonderwerk gedoen nie.
Ek moes medisyne gebruik en ‘n draain die psigiatriese saal maak. Ek moes anders leer dink en doen. Afleer om agter fasades weg te kuip; ophou om my te wil regop hou met ‘n steierwerk van grade en gaafheid en goeie werke… tevrede wees met die ek wat ek is.
Dit is waarom ek hierdie boek geskryf het. Om uit selfdeurworstelike ervaring te sê: