In die tyd van Esob – Martie Preller

R25,00

‘n Tweedehandse boek in baie goeie kondisie.

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Very Good
ISBN:
Book Cover: Softcover
LekkerLees

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

In die tyd van Esob deur Martie Preller is ‘n Wetenskapsfiksie-boek vir tieners. Dit is in 1996 bekroon met die Sanlam-prys vir Jeuglektuur.

Die rooison gooi ‘n vreemde gloed oor die amfiteater en ons twee mane sit vaal bokant die groot bruin pilare Deog weerskante van die ingang. Die amfiteater is gepak met mense, uitgenooide gaste alleenlik.

Die vorige jare se wenners sit in die voorste sitplekke. Hulle het hulle rooi mantels bo-oor hulle gewone grys tuniekpakke aan. Dit is die groot dag waarop die bestes van hierdie jaar se leergroep aangewys sal word.

Die tromme begin dreun. ‘n Sagte rolgeluid wat groei en uitswel totdat die sale oorverdowend die lug vol maak en dan weer kwyn en stil word. Zufar se donker stem dreun oor die klankversterker. Dan volg die hees stem van Zandra. Hulle sê die openingswoorde, soos hulle dit elke jaar doen.

Die enkel, skel noot van die trompet roep ons op die verhoog. Die amfiteater is vol oë. Hulle wag. Elke jaar is dit so. Elke jaar weet almar reeds wie aangewys gaan word en elke jaar wag hulle om dit amptelik uit die monde van Zufar en Zandr te hoor.

Ons neem ons plekke in. Die trompette skeur die lug met die lied van ons land. Dis ‘n lied sonder woorde.

Zandra en Zufar kondig om die beurt ons name aan: Nina,  Daniël, Matilda en Leonard.

Die tromme rol weer en dan is alles verby…

Oormore begin die finale toets. Die een wat dit slaag, sal die rooi mantel ontvang. Daardie een sal die wenner wees. Ek sal sorg dat dit ek is…

Vendor Information