SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
In Ek droom van ʼn droom deel Elsje haar aangrypende 20-jaarlange saamleef met kanker in ʼn kleurryke, inspirerende manier wat lesers se harte aanraak.
’n Gewone tiener droom van kêrels, mode en ’n suksesvolle loopbaan. As jy Elsje is, suster van Olimpiese gouemedaljewenner Ryk Neethling en swem-kampioen en ontwerper Jean-Marié Neethling, droom jy van swem vir die S.A.’s en Olimpiese medaljes. Jy droom nié van ’n kanker-groeisel wat sy tentakels so diep in jou brein ingeslaan het dat die neuroloog kopskuddend sê daar is nie hoop nie…
Elsje Neethling Blair is op 13 gediagnoseer met ’n doodmaak-kanker. In Ek droom van ’n droom vertel Elsje saam met Maretha Maartens van haar 20 jaar lange saamleef hiermee en haar weiering om toe te laat dat kanker haar ontneem van haar jongmeisiedrome. Dit vertel van opdraandes, maar ook hoop, van terugslae … en nuwe drome.
Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Marié en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd
ook húlle stryd geword het. Daar is ook agt bladsye met volkleurfoto’s uit Elsje se persoonlike album.
Ek droom van ’n droom is ’n eg-menslike verhaal, want Elsje ken die seer en die onsekerheid, maar ook die geloof
en die blyke van God se genade wat ’n lewe saam met kanker kenmerk. Sy glo onwrikbaar: Vir God is niks onmoontlik nie.
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack
-
Die Steil Pad Terug – Ina Wessels
Seller: Mel's book shack
R10,00 -
See Inside An Airport – R.J. Unstead
Seller: Mel's book shack
R30,00 -
Reclaiming Desire: A Guide To Finding Your Lost Libido – Goldstein, Brandon
Seller: Mel's book shack
R30,00 -
Die Verhaal Van Oscar Pistorius
Seller: Mel's book shack
R30,00 -
Tee vir Twee 2 – Nina Smit, Elise Grey, Cecile Burger
Seller: Mel's book shack
R30,00 -
Bride of the Mist – Christina Skye
Seller: Mel's book shack
R30,00