Published in 2004. Some minor signs of use on the cover and pages. The forepaper edge has some markings (see picture), therefore the “good condition” rating. But other than that, it’s a good-looking, lightly used book. (The price for a brand new copy is currently about R340.)
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie.
Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om the ontsnap aan die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het?