SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Diep, diep in ‘n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, en die varings welig diepgroen staan, woon die Babalela, en Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp bek; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; en die agt Fripperwakkies wat nie vir ‘n oomblik ophou kwetter nie.