Die Karan Beef Beesvleiskookboek – Heilie Pienaar

R90,00

Hierdie kopie is soos nuut.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Like New
ISBN: 1-86872-839-0
Book Cover: Hardcover
Share with friends:

Description

Die Karan Beef Beesvleiskookboek sluit meer as 80 verleidelike en maklike resepte in vergesel deur aanloklike volkleur foto’s. Die reeks resepte – van geurige oondbraaistukke tot biefskywe en slaaie – is ‘n bewys van hoe veelsydig beesvleis kan wees en demonstreer die gebruik daarvan in alledaagse etes en onthale. Die resepte wissel van klassiek tot modern, van tradisioneel Suid-Afrikaans tot gunsteling geregte van regoor die wêreld.

Die resepte is simplisties, dog smaaklik en die bestanddele is geredelik beskikbaar. Die boek sluit ook waardevolle inligting in oor die klassifisering van beesvleis, die keuse en voorbereiding van elke snit en verskaf advies oor die beskikbare gaarmaak metodes. Die Karan Beef Beesvleiskookboek is gelaai met idees en wenke wat jou sal inspireer!

Heilie Pienaar se uitgebreide kennis van kos ontspruit uit noue betrokkenheid by die Vleisraad, Snowflake en Woolworths. Deur haar kwalifikasie in Huishoudkunde te kombineer met haar passie vir resepte skep en nuwe idees te probeer, het sy ‘n loopbaan in resepontwikkeling en voedselstilering begin. Tien jaar later is sy tans konsultant en ontwikkel resepte vir baie van die top voedselmaatskappye in Suid-Afrika. Die Karan Beef Beesvleiskookboek is haar vierde boek wat deur Struik uitgegee word.

Vendor Information