Wanneer ‘n mens ‘n splinternuwe klein mensie in jou arms hou, kan jy soms nie anders om te wonder wat die lewe vir hierdie baba inhou nie. En hoewel ouers vasbeslote is om hulle kind, sover dit binne hulle vermoë is, te beskerm, besef hulle ook dat kinders seerkry. Hulle val en breek ‘n arm; hulle kry snye en skrape en bloukolle, dinge wat dikwels gou vergete is.
Maar daar is ‘n ander seerkry.
Hierdie seerkry betrap ‘n ouer dikwels onverhoeds, want kinders is bedoel vir lag en speel en sorgelose dae – nie vir die donker van depressie nie. “As ‘n kind se lag verdwyn” sal mense bewus maak van die realiteit van depressie by kinders. Dit is ‘n praktiese hulpmiddel vir ouers en ander volwassenes wat ‘n hand wil uitsteek na ‘n jong depressielyer – voordat dit te laat is …
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.