Jeanette de Wiyn is veertien en besig om groot te word. En dis nie altyd ‘n maklike proses nie. Nie as almal vir jou sê jy is pure De Wiyn nie – wat beteken dat alles wat goor en lelik was soos varkmasels op jou uitslaan – hande soos boerpampoene, nommer ses-skoene, roo hare die lot.
Voeg daarby twee broers soos Paul en Arno – genoeg om op enige mens se spiere te werk – en daardie ou Hannes met sy gekarring oor kys…
Hoekom kan ‘n mens tog nie grootword en klaarkry nie?
Gelukkig tog vir iemand soos meneer Hartman, die Wiskunde-onnie, hy met die bruin en geel spikkels in sy oë… herfsoë. En gelukkig tog vir drome wat ‘n mens kan droom…