Moerland – Chris Barnard

R50,00

Waarskuwing: uitbeelding van ras-vooroordeel in hierdie historiese roman wat dien as kritiese sosiale kommentaar.

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Very Good
ISBN: 9780624031772
Book Cover: Hardcover
Bee's Books

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Al die jare dat hy uitgesien het na die land in die suide, die land van sy herkoms, die land van melk en heuning, was daar een ding bo alles wat Lukas van Niekerk méns gemaak onder die mense rondom hom: sy taal. Saam met Moeka se melk het hy woorde in sy mond gekry, en stories, ‘n hele geskiedenis, wat hom uitgesonder het in Angola waar hy gebore is: hy was ‘n Afrikaner.

Tot hy uiteindelik, in lewensgevaar, die grens na die beloofde land kon oorsteek.

Twintig jaar later gaan soek ‘n joernalis ene Sipho Mbokani in Alexandra op. Hy praat glo Afrikaans. Hy dryf taxi. In sy huis is Totius en ‘n Kaapse tolletjiestoel, ewe verweer. Maar hy het lankal “Afrika se wit tet” uitgespoeg; die melk het vir hom rens geword.

Tog word hulle vriende die bitter swart man en die soekende Afrikaner. Want wat hulle bind, is meer as wat hulle skei. En wanneer die joernalis later Lukas se verhaal opteken, sy lorrie se spoor deur Angola vat suide toe, deur tonele van skrynende verwoesting, kan hy dit net doen deur sy eie daarmee te vervleg. Ook dié van sy regs-rebelse seun Deon wat, soos Lukas vroeër, aan moedersknie sy hart vergeefs verpand het aan ‘n mitiese Afrikanerdom. Hulle al drie se verhaal, in ‘n Suid-Afrika wat soos Angola vroeër om hulle in duie stort.

Vendor Information