‘n Lieflike versameling stories vir 3-jariges. Hierdie oorspronklike stories, met die dierbaarste karakters, word eenvoudig en met ’n titseltjie humor vertel. Die pragtige illustrasies gee lewe aan die alledaagse gebeure wat in die boek uitgebeeld word. Ontmoet die eendjie wat sukkel om te swem, ’n hasie wat haar pop verloor het en ’n flamink wat nie wil gaan slaap nie. Dis die heerlikste leespret vir jou en jou kleuter.