Zeus Van Wyngaardt En Die Amasone Van Atlantis – Julio Agrella
R90,00
Vorige eienaar se naam in pen, maar baie klein in die hoekie van die titel bladsy, geskryf. Daarom is hierdie kopie wat in baie goeie kondisie is, gelys as goeie kondisie. Geen krake op die rugkant, lyk of kopie nooit gelees is nie of baie lig gebruik is. Ou prysplakker agter op die omslag.
Zeus Van Wyngaardt En Die Amasone Van Atlantis is die derde boek in Julio Agrella se gewilde Zeus van Wyngaardt-reeks. Dit is donker, vinnig, vol kinkels – en beslis nie vir sensitiewe lesers nie.
Privaat speurder Zeus van Wyngaardt word op ’n grusame moordtoneel wakker geskud – letterlik. Sy bure is dood, en dis geen gewone moord nie. Daar’s bloed. Oë wat ontbreek. En meer vrae as antwoorde.
Wanneer ’n tweede moord in Springs plaasvind met dieselfde skokkende tekens, vermoed die owerhede dat hulle met ’n reeksmoordenaar, of selfs ’n rituele moordenaar, te doen het. Enter luitenant Lucinda Fourie – ’n indrukwekkende kenner wat Zeus aan ’n Amasone laat dink: sterk, meedoënloos en met haar eie geheime.
Soos die spanning toeneem, word Zeus diep ingetrek in ’n saak wat die grense van rede en mistiek toets. En soos die moorde aanhou, keer ’n bekende naam terug: Wildene du Bois.