Tyd om te skaats – Jacolet van den Berg

R80,00

Hannah is vasgekeer.  Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer.  Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans.  Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red.  Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld.  Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.  Tot Lua onverwags ‘n paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ‘n keuse te staan:  veg, vlug of vries?

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MB003 Categories: , ,
Book Condition: Like New
ISBN:
Book Cover: Softcover
Share with friends: