SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
Terreur en Bevryding deur Leopold Scholtz is ’n boeiende historiese verslag wat Suid-Afrika se stormagtige verlede ondersoek.
Wie die ANC vandag wil verstaan, moet sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap ondersoek. Dié party se beleid en manier van regeer is naamlik diep beïnvloed deur die kommunisme, skryf die politieke kommentator Leopold Scholtz.
In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1927 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die leiding daarvan oor te neem as deel van ‘n revolusie wat in twee fases sou plaasvind. Die eerste fase sou ‘n nasionaal demokratiese revolusie wees – ‘n konsep wat steeds deel is van die ANC se beleid. In die tweede fase sou die alliansie ‘n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ‘n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.
Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Hoewel die ANC na buite demokrasie voorgestaan het, was daar ‘n groot gebrek daaraan binne die alliansie en ernstige menseregtevergrype het in sy buitelandse kampe en basisse plaasgevind. Scholtz toon voorts aan hoe die ANC/SAKP-alliansie in ballingskap gekenmerk is deur ‘n dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid, asook selfverryking en korrupsie deur ‘n groot deel van die leiding.
In groot mate is dit vandag steeds kenmerkend van die ANC/SAKP.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop
-

Counting Down – Gerard Stembridge
Vendor: My Owl Bookshop
R25,00 -

Balanced Living – Dr Zonnya
Vendor: My Owl Bookshop
R25,00 -

Net Een Lewe. Moenie Dit Verkwis Nie – John Piper
Vendor: My Owl Bookshop
R40,00 -

Captivating – John & Stasi Eldredge
Vendor: My Owl Bookshop
R30,00 -

Gaan… Jan-Michael leef! – Karsten Keding
Vendor: My Owl Bookshop
R25,00 -

The Laws Of Lifetime Growth – Sullivan, Nomura
Vendor: My Owl Bookshop
R30,00



















