Skoenlapper – Irma Venter

R135,00

Hierdie kopie is soos nuut.

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Like New
ISBN:
Book Cover: Softcover
LekkerLees

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Skoenlapper is ’n naelbyt-spanningsverhaal met eiesoortige karakters en ’n besonderse liefdesverhaal, deur Irma Venter.

Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Die aweregse karakters in hierdie spannende raaiselroman, sal gou ou vriende word. Die briljante polisieman Hamisi Habane word deur sy eie spoke voortgedryf, en vir Alex se IT-kontak, die petite Sarah Fourie van Pretoria-Wes, is geen inligting buite perke nie, solank sy haar ses blikkies Coke en haar rekenaar byderhand het.

Vendor Information