Pleisters vir die siel – deur Riekert Botha. Soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG.
“Riekert Botha is ‘n juweel wat nie gekluister is aan die dogma van een instansie nie, maar wêreldwys is, … sy liefde vir God is opvallend… nadat ek hom ontmoet het, het ek agtergekom dat hy al ‘n lang pad met sy geloof geloop het, ‘n pad van stry en weer stry, vra en aanvaar. Wat lekker is, is dat mens met Riekert kan stry, pizza eet, verskil en dan saam kan lag oor die antwoorde. Maar die deernis en oortuiging van sy gesprekke, maak vir my (en ek is seker vir baie ander mense) nuwe denkrigtings oop wat ek nie geweet het bestaan nie.” – Derrich Gardner