SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Net soos ‘n brug diep fondamente het om dit stewig vas te hou, het alle Christen-leiers soliede onderstutting nodig wat – hoewel ander dit nie sien nie – hom of haar onwrikbaar hou te midde van die uitdagings van die lewe.
In Onder die Waterlyn gee Gordon MacDonald jou die bloudruk vir ‘n lewe wat terselfdertyd kragtig en nederig is, produktief maar nie gejaagd nie, gefokus en tog allesomvattend. Deur stories uit sy eie lewe en die wyshede van mense soos Henri Nouwen en Richard Foster, neem hy ons stap vir stap deur die interne prosesse en eienskappe wat jy nodig het om mense effektief op ‘n veelseggende en persoonlike manier te lei.
“Die vorming van die siel sodat dit ‘n woonplek vir God kan wees, is die Christen-leier se primêre taak. Dit is nie ‘n byvoeging, ‘n opsie of ‘n derdevlak-prioriteit nie. Sonder hierdie kernaktiwiteit, waarborg iemand feitlik dat hy of sy dit nie lewenslank in ‘n leiersposisie gaan uithou nie, of dat die werk wat wel vermag word, al hoe minder en minder God se eer en God se bedoelings gaan weerspieël.” – Gordon MacDonald
Hierdie boek is ‘n kragtige handleiding vir elkeen wat God se roeping wil beantwoord en sê: “Stuur my!”
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop