‘n Tyd om te ween – Ena Murray

R25,00

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN:
Book Cover: Hardcover
Share with friends:

Description

Paul Henning, Rietspruit se dokter, kry ‘n hartaanval en moet ophou praktiseer. Toe hy aankondig dat hy ‘n plaasvervanger gekry het in die persoon van dokter Ewald Waltman, is sy dogter Hybre dadelik skepties, want met ‘n geneesheer wat op die kruin van sy loopbaan behoort te wees en nou op ‘n plekkie soos Rietspruit kom werk, moet daar fout wees. Vandat sy en die nuwe dokter mekaar die eerste keer sien, spat daar dan ook vonke!

Maar hierdie verhaal se naam is nie verniet ‘n Tyd om te ween nie. Die leser maak hierin ook kennis met Joey Verwey wat ten koste van haar eie lewe, ‘n kind vir haar man wil gee. En met tant Hansie en oom Joppie wat nie wil hê dat die een voor die ander die hemelpoort moet instap nie

‘n Tyd om te ween is die verhaal van mense wat mekaar leer om te gee; leer dat mens jou beste op enige plek en tyd en in enige omstandighede kan gee; en herinner daaraan dat die lewe selde verloop soos mens dit beplan.

In hierdie vertelling slaag die gewilde Ena Murray weer eens daarin om haar lesers te ontroer en ryker te laat. Dis ‘n verhaal wat jare gelede in ‘n tydskrif verskyn het en nou op versoek van talle lesers in boekvorm uitgegee word.

Vendor Information