SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
‘n Stem vir Suid-Afrika is ‘n outobiografie waarin Mimi Coertse haar storie van uitsonderlike talent, deursettingsvermoë, persoonlike pyn en internasionale roem, vertel. ‘n Mens lees van ‘n kleuter wat “die beste ‘singer’ in die wereld” wil word; van ‘n skooldogter wat ‘n sopraan-rol ontsê word omdat sy “te moeilik” is en van ‘n groentjie wat ‘n kontrak met die Weense Staatsopera kry en die Europese musiekstad totaal oorrompel.
Mimi se prestasies word algaande ‘n stem vir Suid-Afrika. Ook in die donkerste tye van isolasie sing sy van en vir haar land, oor grense heen. Na haar terugkeer uit die koue word Mimi ma en beywer haar vir begrip tussen verskillende bevolkingsgroepe. Sy soek en versorg plaaslike sangtalent en stel verbysterde gehore voor aan kunstenaars wat hul stemme in ‘n nuwe Suid-Afrika gevind het.
‘n Stem vir Suid-Afrika is die lewensverhaal van ‘n begaafde vrou wat al haar liefde en verdriet in haar droom en haar taak werp. Dis ‘n storie van ‘n lewe met net soveel drama, ironie en patos as die rolle wat Mimi Coertse vertolk het. Dis ‘n stem wat bly resoneer lank nadat die diva die verhoog verlaat het.
Vendor Information
- Store Name: LekkerLees
- Vendor: LekkerLees
- 5.00 rating from 1 review
-
The Moscow Vector – Robert Ludlum, Patricia Larkin
Seller: LekkerLees
R35,00 -
Twee Vroue – Elsa Joubert
Seller: LekkerLees
R45,00 -
Rare Earth – Michael Asher
Seller: LekkerLees
R60,00 -
On the Contrary – Tony Leon
Seller: LekkerLees
R65,00 -
Reënmaker – Wilreza Smit-Theron
Seller: LekkerLees
R28,00 -
The Wealth Of Nations – PJ O’Rourke
Seller: LekkerLees
R45,00