‘n Basis oorkant die grens – Louis Krüger

R50,00

Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1984, Sagteband – Roman – 146pp. ISBN 9780624020820.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN: 9780624020820
Book Cover: Softcover
Share with friends:

Description

‘n Basis oorkant die grens deur Louis Krüger is ‘n spannende verhaal wat oor die grens tussen lewe en dood beweeg, ‘n boek van verskuiwende perspektiewe en insigte; uiteindelik, ‘n oorlogsroman wat meer sê oor die verlossing as oor die geweld.

Hulle is sewe in die vreemde, sluimerende landskap van Mosambiek. Sewe bosvegters, gestuur om ‘n vyandelike basis uit te wis. Daar is die kinderlike, vreesbevange radio-operateur Rot, die armoedige Jinx, N’Tembi wat vir hulle tolk, groot swygsame Grog, die gelowige Louch wat veg teen ‘n groeiende waansin, Konrad wie se besetenheid met vernietiging gevoed word deur ‘n diep wrok, en die sewende: hul ontbindende bevelvoerder, Stanley. Oral dra hulle die lyk saam, en steeds hang die gees van die gestorwene oor hulle…

Dit word vir elkeen ‘n oorlewingstog. Die stryd is nie alleen teen die vyand nie, maar ook teen die boosheid en vrees wat nog meer uit hulself voortkom as uit die broeiende boswereld waarin hulle dwaal.

Louis Kruger, het met sy debuut, Die skerpskutter, die Eugene Marais-prys vir 1982 verower. Met ‘n Basis oorkant die grens verras hy weer.

Vendor Information