Met Rugsak en Stewels – Louis Changuion

R45,00

Book and dust jacket in good condition. An inscription on a front non-essential page.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN:
Book Cover: Hardcover
My Owl Bookshop

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Diep in die hart van elke Suid-Afrikaner bly daar ‘n hunkering na die avontuur en sielerus wat alleen die natuur aan ons kan bied. Oral in ons land is daar mense wat net leef vir daardie tydjies wat hulle kan afknyp om met die ongeskonde dele van ons land kennis te maak.

Een van hierdie mense is Louis Changuion, skrywer van die boek. Deur die jare heen het hy gegewens bymekaar gemaak oor ‘n aantal van die beste staproetes in ons land. Hierdie inligting stel hy nou tot die leser se beskikking.

In die eerste plek is dit ‘n persoonlike vertelling, ‘n kaart van die staproetes word verskaf, asook genoeg agtergrond om die aspirant stapper in staat te stel om homself voor te berei vir die dergelike toer. Meer nog, die skrywer wei uit oor die plant- en dierelewe van die omgewings waardeur hy stap, en verskaf ook interessante feite in verband met die geksiedenis van die streek.

Die volgende gebiede word gedek: die Namib, die Olifantsrivier, die Visriviervallei, die Wildekus, die Blyderivier en die Drakensberge – sowel Mont-aux-Sources as die Wolkberg.

Die boek is vir alle natuurliefhebbers van belang en verteenwoordig ‘n vername bydrae tot natuurbewaring in ons land. Dit sal enigeen wat nog nie totaal deur die gekommersialiseerde stadslewe afgestomp is nie, stimuleer om ook die wildernis te gaan opsoek.

Vendor Information