Kainsmerk – Annelie Botes

R99,00

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Like New
ISBN: 9781776093038
Book Cover: Softcover
Share with friends:

Description

Kainsmerk bevat ’n keur van dié verhale wat deur die skrywer self uitgesoek is. Botes se karakters dra dikwels ’n teken van vervloeking wat hulle broos laat, en wat hulle vir die wêreld wil verberg. Isabella se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink. Sy droom van ’n dag waarop sy haar man se lyk in die put op die plaaswerf kan afgooi. Magdaleen bou ’n padstal en werk haar tot eelte terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy en haar regterhand Kaatjie tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Dalena, het geen behae in haar huwelik nie, maar een nag tydens ’n plaasaanval raak sy en haar man nét op mekaar aangewese. Sophia, ’n huishoudster wat tronkstraf vir diefstal uitgedien het, begin werk vir ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. Marianna laat haar dominee-man agter en gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.

Vendor Information