SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Benita Coetzee, koffie- en geskenkwinkeleienaar van Hermanus en Sandra de Waal, bemarkingkonsultant van Johannesburg, se paadjies kruis een oggend vir ’n paar oomblikke in die noodeenheid van ’n hospitaal in Kaapstad. Daardie paar sekondes verander hul lewens onherkenbaar en sleur hulle mee op ’n pad van misleiding, geheime en leuens omdat Ruth Grootlieg, ’n verpleegster met ’n geestesiekte, ’n skynbaar onbeplande fout begaan.
Twee ma’s, twee dogters,hul gesinne en geliefdes word hiermee gedompel in ’n bestaan waar hulle hulself telkens moet afvra: Wat sal jy prysgee om ’n leuen te leef?
Benita kom voor verskeie geloofsvrae te staan en besef dat sy haar identiteit soek in dinge wat nie werklik belangrik is nie, en dat jou herkoms, verlede, skoonheid of status nie jou ware identiteit bepaal nie.
Sy ervaar die hartverskeurende stryd van ’n ma wat haar kind dalk moet prysgee. Die besluite wat sy maak, word beïnvloed deur ’n persoonlike profesie oor ’n eersteling en die eerste deel wat prysgegee moet word. Dit bring haar tot ’n beslissende oomblik in haar lewe waar sy soos Paulus op die pad na Damaskus ’n draaipunt bereik.
Haar wrakduiker-wederhelfte (ook ’n Seereddingsinstituutheld) se verdwyning ter see, haar finansiële stryd as ’n enkelma en sakevrou sowel as ’n nuwe kans op liefde met ’n ou familievriend lei haar op ’n selfontdekkingtog waartydens sy besef dis net wanneer jy jou identiteit in Christus vind dat jy jou ware self ontdek.
Op hierdie tog maak sy kennis met oorgretige hospitaalportiere en slinkse taxibestuurders totdat ’n flambojante prokureur se speurvernuf haar ’n sleutel tot haar toekoms bied en haar help om die los drade van haar verlede te knoop.
Vendor Information
- Store Name: The Trading chain - Brackenfell
- Vendor: The Trading chain - Brackenfell
-
Disney’s Year Book 1994
Seller: The Trading chain - Brackenfell
R40,00 -
In Black And White: The Jake White Story – Craig Ray
Seller: The Trading chain - Brackenfell
R40,00 -
Journey To The Stars – Stuart Clark
Seller: The Trading chain - Brackenfell
R25,00 -
Does Farting Make You Faster – Glen Murphy
Seller: The Trading chain - Brackenfell
R40,00 -
New Way: Deb’s Day
Seller: The Trading chain - Brackenfell
R10,00 -
Kortpad Na Pakplek – Annemarie Meintjies
Seller: The Trading chain - Brackenfell
R30,00