Een sonde te veel – Heinz G. Konsalik

R40,00

Baie goeie kondisie.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Very Good
ISBN:
Book Cover: Hardcover
Bee's Books

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Een sonde te veel deur Heinz G. Konsalik is ’n intense roman wat die emosionele en morele dilemmas van ’n man in die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog ondersoek.

Die ontploffing gebeur skielik. Geen gesis, geen geraas nie. Net ‘n gedempte knal, glas wat breek en die verstikkende, geel damp wat in die laboratorium hang. En Luise Dahlmann wat agteruit steier, haar hande beskermend voor haar gesig. “My oë!” gil sy deur die geel neweldamp wat haar omring. Die horingvliese van albei oë is beskadig.

Ná baie ondersoeke deur die bekendste oogchirurge, is hulle dit eens: sy sal nooit weer kan sien nie. Haar man Ernst, mede-apteker van die vooruitstrewende apteek wat sy van haar vader geërf het, en haar suster Monika, verpleeg en versorg die blinde Luise nou met die grootste toewyding. Maar hierdie liefdevolle verpleging is deel van ‘n duiwelse plan…

Toevallig kom Luise te hore van ‘n sekere professor Siri van Italië se verstommende sukses met horingvliesoorplantings. Sonder haar man se wete gaan sy na Italië en laat professor Siri haar oë opereer. Dan gebeur die wonder sy kan weer sien! Oorstelp van vreugde gaan sy huis toe om Ernst te gaan verras. Maar watter soort verrassing is dit? Toe sy die sitkamerdeur oopmaak, laat dit wat sy aanskou haar besef dat blindheid miskien genadiger sou gewees het. Dit flits deur haar gedagtes: Hulle besef nie ek kan hulle sien nie! En op daardie oomblik besluit sy om “blind” te bly ‘n spel wat die uiterste eise aan haar stel.

Vendor Information