SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Deon Meyer se Dronkerdrif is die 7de boek in Bennie Griessel-reeks.
Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ’n teregstelling. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg staatskaping-onheil?
As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ’n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?
Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ’n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar ná ’n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg . . .
Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit.
Gierigheid.
Vendor Information
- Store Name: BookDaddy
- Vendor: BookDaddy
- No ratings found yet!
-
An Uncensored Anthology: Gathered from Many Questionable Sources
R89,00 -
Dancing To The Beat Of The Drum: An Autobiography – Pamela Nomvete
R70,00 -
Strength to Love – Martin Luther King
R49,00 -
Die Nagruiter van Liebestraum – Christo van der Merwe
R30,00 -
Cold Stone Jug – Herman Charles Bosman
R48,00 -
Die Man Met Die Kitaar – Berta Smit
R29,00