Don Quijote – Miguel de Cervantes, André P Brink

R95,00

Vertaal in Afrikaans deur André P Brink

Bevat illustrasies verbonde aan die oorspronklike teks

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , , Tag:
Book Condition: Like New
ISBN: 978079815148
Book Cover: Softcover
Share with friends:

Description

Don Quijote was die wêreld se eerste volwaardige roman, en bly vandag nog een van die grootstes. Dit is sedert publikasie vroeg in die sewentiende eeu al in dosyne tale vertaal, en beklee ‘n belangrike posisie in die kultuurbesit van feitlik elke beskaafde volk. Die verhaal van Don Quijote en Sancho Panza, dolende ridder en sy agterryer, bekoor lesers wêreldwyd dus al eeue lank.

Vroeë uitgawes in Afrikaans was dikwels baie sterk verkort, met behoud van slegs die mees bekende avonture en episodes in die oorspronklike roman. Maar in 1966 het hierdie vertaling uit Spaans deur André Brink verskyn, die volledigste vertaling in Afrikaans en die enigste waarin die gees en tekstuur van die oorspronklike in belangrike mate bewaar is. Om net aan Don Quijote te dink as die mal ridder wat windmeulens bestorm het, sê André Brink tereg in sy voorwoord, doen ‘n onreg aan “Cervantes se magtige boek, die vader van alle moderne romans”.

Hierdie uitgawe is ook die eerste en enigste Afrikaanse uitgawe met die outentieke oorspronklike illustrasies van Gustave Doré, wat deur die jare al so innig met Don Quijote verbonde geraak het dat ‘n standaarduitgawe sonder hulle feitlik ondenkbaar is.

Vendor Information