Broodsonde – Annelie Botes

R75,00

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Like New
ISBN: 9780624044420
Book Cover: Softcover
Bee's Books

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Baie lesers sit al lank en wag vir hierdie koerantstukke van Annelie Botes. Sy het ‘n seldsame vermoe om vrouens en mans te betrek by ‘n wereld wat tog wel gesien word uit die standpunt van ‘n vrou. Die (soms woeste) aantreklikheid van haar werk het daarmee te doen dat sy nooit ingeval het by die getraliede denke van die meeste Afrikaanse stedelike mense nie. Sy het, hoewel sy voorstedelik woon, die voorstedelikheid deurbreek. Sy – en ook haar skryfwerk – is intuitief en spontaan. Tog bly sy, opvlammend soos sy is, oer-Afrikaner. En dit is juis die deurbreek van primordiale dinge wat haar werk lekker maak. Nie sommer net fynlek-lekker nie – bekvol lekker. Maar wees gewaarsku – dis nie dikvreetgoed nie, dis proegoed. Alhoewel die rubrieke die effens opgejaagde hartslag van dagnuus bevat, is dit die storie van Annelie Botes se lewe wat hier verdig tot verhaal. Die skryfstervrou moet 0 na ‘n mislukte investeringskema – gaan oumens oppas in Rooinekland met ‘n geldwolf op haar hakke. In hierdie titel is ‘n besielde en nugter gees aan die woord, ‘n kombinasie wat mens nie dikwels raakloop nie. Bowenal is dit onbevreesd. Annelie Botes skroom nie om te se wat skort met ons spul boertjies hier aan die suidpunt nie. En sy doen dit met fyn en dik hale van die kwas.

Vendor Information