In Bloedgrond deur Malene Breytenbach, tref grondeise die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga.
Dit, en die ou seer van die uitwissing van ‘n gesin, het almal op hol: Daar’s stadskind Erin wat nou haar familie moet kom ondersteun, oud-soldaat Andrew Buchanan, wie se gesin jare gelede uitsonderlik wreed uitgemoor is, die MacFarlanes met hul spogplase, wrokkige werkers met verbintenisse in hoë plekke en die plaaslike polisiediens – nie aldag ewe bedrewe of eerlik nie, maar sersant Elsie Redelinghuys vat nie nonsens nie.